Hoërskool Die Anker

Geanker in Geloof

TuisbladSkoolAkademieKultuurSportMoreelSosiaalKontak Ons

 

G/S as VakOueretesOns Kokke Kook!

HOTELSKOOL

 

Ons skool spog met 'n prag restaurant. Hier word Oueretes deur die Gr 10-12 Gasvryheid leerders aangebied. drie- tot viergangmaaltye wat deur die leerders self beplan en voorberei is, word baie keurig voorgesit. Hierdie oueretes wat op amper 'n weeklikse basis plaasvind, maak deel uit van die Gasvryheidstudies leerders se praktiese punt en staan terug vir geen restaurant nie.

Die jaar is alreeds 53 funksies afgehandel en dit sluit nie oueretes in nie.  Ons restaurant neem nie minder as 50 gaste maar ook nie meer as 75 gaste op 'n keer nie. Onthale word ook by buurskole asook kerke gedoen.  Ons doen dit by die area van u keuse.  Alles word dus nie net op ons perseel gedoen nie.

U is welkom om ons skool te skakel en met Mev. Dora Swanepoel te gesels oor enige aspek van die vak of funksies.  Enige navrae rakende spyskaarte, pryse ens. kan u met haar bespreek.

 

 

GASVRYHEIDSTUDIE AS VAK

Hier word leerders die vaardighede van die gasvryheidsbedryf aangeleer. Dit is een van die vakke wat 'n wonderlike toekoms vir 'n leerder kan verseker.  Ons is al 9 jaar aan die werk en daar het in die tydperk alreeds  17 leerders die rigting na skool ingeslaan.

Ons is 'n unieke skool en geen ander skool in die dorp bied die vak aan nie.  Die vak behels die volgende:

·         Teorie Gr 10 – 12 is 75% inhoud  en

·         Prakties Gr 10 – 12 is 25%  

OUERETES

Leerders bied per graad twee oueretes 'n jaar vir hul ouers of vriende aan d.w.s  nege  oueretes per kwartaal wat in die aande plaasvind vanaf 19:00.  'n Kontant kroeg is ook dan beskikbaar.  Die kostes wissel per graad groep.  Hierdie aande maak leerders self die gange en kelners bedien, versier en dek self ons tafels vir die funksies.  Sien ons kalender vir datums van die funksie, of skakel die kantoor.  Buiten die ouerete aande , doen ons ook verjaardae, prysuitdelings, troues en korporatiewe funksies.

 

 

ONS KOKKE KOOK!

Vier van ons Gr 11 Gasvryheidstudies-leerders het aan die Guvon Hotel Akademie se jong Chef’s kompetisie deelgeneem.  Spanne van 2 moes in net 3 ure 'n driegang-maaltyd vir 4 mense voorberei.  Ons leerders het deelgeneem teen groot skole soos Rand Park High en Hoërskool Monument.  Met trots spog ons dat een van ons kookspanne, Sonika Greeff en Rochelle Strydom, die kompetisie gewen het.