Hoėrskool Die Anker

Geanker in Geloof

TuisbladSkoolAkademieKultuurSportMoreelSosiaal Kontak Ons

 

RevueDebatRedenaarsPublic SpeakingKunswedstrydKultuur AandeToneel

KULTUUR

Revue : Neem vanjaar deel aan die revue-kompetisie

 

 

 

Terug Na Bo

DEBAT

Ons skool besluit die tyd is ryp om met debat te begin en so woon vyf van ons personeellede 'n debatskursus by te Hoėrskool Marais Viljoen. Mnr van Rensburg is so geļnspireer oor al die nuutverworwe kennis dat hy dadelik twee junior spanne op die been bring. Debat gaan gepaard met baie voorbereiding en navorsing, maar ons twee spanne het wonderlik gevaar en op 29 April, teen onderskeidelik Hoėrskool Marais Viljoen en Hoėrskool Hugenote te staan gekom. Twee skole wat reeds 'n tydjie lank deelneem aan debat.

Ons spanne het beslis hul man goed gestaan met die onderwerp: Is dit nog geldig in sport dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves? En so word nog 'n eerste aangeteken in ons skool se Geskiedenisboeke: ons eerste debat...!

Terug Na Bo

 

REDENAARS

Ankers redeneer 'n hond uit 'n bos

Tien leerders van Hoėrskool Die Anker het vanjaar aan die eerste rondte van die ATKV se jaarlikse redenaarskompetisie deelgeneem, waarna ses deurgedring het na die provinsiale kompetisie wat op 17 Mei plaasvind.

 

 

 

 

Terug Na Bo

KUNSWEDSTRYD

 

Ankers ryg medaljes in

Vyf leerders van Hoėrskool Die Anker het talle medaljes en sertifikate verwerf tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste, wat onlangs plaasgevind het.

 

 

 

Hulle is (van links): Leoné Maree, Chané du Plooy en Brendan Nel. Marc Erasmus en Dylon Erasmus was afwesig toe die foto geneem is.

Terug Na Bo

 

KULTUUR AANDE

  Die kultuur-komitee van die skool se Uitvoerende Raad het drie jaar gelede met die blink idee  voorendag gekom en sedertdien is hierdie glansaande iets waarna oud en jonk uitsien.  Daar word 'n Senior-kultuuraand aan die begin van die jaar gehou, gevolg deur 'n junior kultuuraand vroeg in Mei-maand.  Al die kultuursterre kry dan die geleentheid om hul talente ten toon te stel.  Kunswedstryditems, top redenaars, revue-soliste, dansers, almal betree die verhoog om deel te wees van die aand se kultuur “repetoire”.

Terug Na Bo

 

TONEEL

Vir die eerste keer in Die Anker se geskiedenis het ons in 2013 tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem en baie goed gevaar. Die volgende leerders het 'n bronssertifikaat tydens die geleentheid ontvang: Brendan Nel (Spel), Joleen Els (Spel), Dominique Nel (Verhoogbestuur) en Christiaan van Zyl (Verhoogbestuur). Tydens die Allegreto kunswedstryd is Dylan Erasmus ook aangewys as die beste akteur en die toneel "Erwe van ons vad're" is bekroon met die toekenning "Best make-up and wardrobe".

Terug Na Bo