HoŽrskool Die Anker

Geanker in Geloof

TuisbladSkoolAkademieKultuurSportMoreelSosiaal Kontak Ons

 

CSVAnkerdaeNoodhulpBloedskenkOOVProjekte

MOREEL

Een van ons doelwitte by HoŽrskool Die Anker is om ons leerders te leer van medemenslikheid en empatie. Ons leerders leer ook vinnig die waarde van gemeenskapdiens en die belangrike rol wat hulle kan speel om ons omgewing se nood te help verlig.

 

CSV

By HoŽrskool Die Anker is dit vir ons belangrik om ons leuse uit te dra: ďGeanker in GeloofĒ.  By die CSV streef ons daarna om God se plan vir ons skool waar te maak.  Ons kom elke Woensdag as CSV-familie bymekaar, doen Ďpraise & worshipí, gebedsessies, leer meer van God se wil vir ons en het selfs dae wat ons net speel.

Behalwe vir die Bybelvasvrae wat die CSV reŽl, het ons ook 'n CSV kamp, bak ons pannekoek by gemeentes in ons dorp asook die CMR kermis, en gaan ons op uitreike.

 

BYBELVASVRA

Die CSV het verlede jaar begin met die Bybelvasvrae kompetisie. Eers word die hele skool se kennis oor die Bybel getoets en dan dring die top presteerders deur na die uitvra-aand in die saal. Ook die onderwysers kom teen die leerders te staan in strawwe uitkloprondtes om te bepaal wie sy Bybel die beste ken.

Terug Na Bo

 

ANKERDAE

Elke laaste Vrydag van die maand is dit ANKERDAG. Die leerders kry die geleentheid om dan hulle Ankerhemde met denims en tekkies aan te trek.  Vir die voorreg moet hulle R10 en 'n blikkie kos as vergoeding gee.  Die gelde en kos word dan gebruik om ons behoeftige gesinne van die nodige te voorsien.  Op die oomblik voorsien ons twee-en-twintig huisgesinne elke maand van kos.  Ons is baie dankbaar dat ons ook ons deel vir die samelewing op hierdie manier kan doen.

Terug Na Bo

 

ANKER NOODHULP

Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3

- Basiese noodhulpbeginsels

-Asemhaling en korrekte wyse

-Skelet en beweging

-Polslag neem

-Algemene versorging

-CPR

 

-In diepte studie van liggaam en organe

-Funksionering van liggaamsdele

-Skelet en muskoskeletale beserings

-Assessering van pasiŽnt se toestand

-CPR

 

-Hoogste vlak in noodhulp vir die "gewone" persoon.

-Geboorte en "vroedvrou"

-Nasorg aan pasiŽnt en baba

-Behandeling en herkenning van simptome by sekere gevalle waar onmiddellike kontak met geneesheer nie moontlik is nie

-Heimlich metode, skok, vergiftiging, brand, verdrinking

-Skeletale beserings en die hantering daarvan

-CPR

-Hantering van hartaanvalle, epilepsie, beroertes en ongelukke

Hier word Gr 10 en 11 Lewenswetenskapleerders betrek en verwerf hulle eerste meriete. Hier word Gr 11 en 12 Lewenswetenskapleerders betrek en verwerf hulle tweede meriete. Hier word Gr 12 Lewenswetenskapleerders betrek en verwerf hulle balkie.

KoŲrdineerder: Me.M.Ras

Aanbieder: Mnr. P.J. Smuts

Terug Na Bo

ANKER SKENK BLOED

HoŽrskool Die Anker het onlangs 'n toekenning van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedoortappingsdiens (SANBS) ontvang, vir die skool wat die meeste bloed skenk.

Corrie van Rensburg, wat die koŲrdineerder van bloedskenk by die skool is, het gesÍ dat die skool graag geleenthede skep sodat leerder medemenslikheid kan kweek en van hulself gee om lewens te red.  Ons Ankers is nie bang om bloed te skenk om so moontlik 'n lewe te red nie.

 

Terug Na Bo

OOV

Die OOV(Ouer Ė Onderwysers Ė Vereniging) bestaan hoofsaaklik uit ouers van ons skool.  Hierdie ouers maak die hande van die onderwysers sterk, help graag met verkope tydens Sport-byeenkomste en reŽl ook lekker kuieraande soos die Boemelaarsdans, Verjaardagbal en natuurlik die jaarlikse Ken-jou-Wysie.  Sonder die hulp van die ouers kan die Anker nie "perform" nie.

Terug Na Bo