Hoërskool Die Anker

Geanker in Geloof

TuisbladSkoolAkademieKultuurSportMoreelSosiaal Kontak Ons

 

Mnr & Mej AnkerAnker FMGeesvangSokkiesOntgroenningGroentjiekonsertMatriekafskeid

 

SOSIAAL

MR & MEJ ANKER

Ons kroon jaarliks 'n Junior en Senior Mnr en Mej Anker. Die parade word deur 'n professionele paneel beoordeel.  Leerders ding mee in drie rondtes: groep drag, informele drag en formele drag.  'n Mej en Mnr Persoonlikheid word ook aangewys.

Junior Seuns en Dogters:

Van links na regs 2e Prinses – Bianca Purcell
2e Prins – Bradley Carelse , Mej. Anker – Samantha Nortje
Mnr. Anker – Dartangnan Sachse 1e Prinses – Gabriella Cameron
1e Prins – Tiaan van Wyk

Senior Seuns en Dogters:

Van links na regs - 2e Prinses – Tené Minderon
1e Prinses – Chanré Joubert, Mej Anker – Kaylie Fourie
Mnr Anker – Ruan Palm, 1e Prins – Elandré Everet
2e Prins – Steyn van Lill

Terug Na Bo

GEESVANG

Geen skool se onnies het soveel gees soos die onnies van Hoërskool Die Anker nie. Of dit nou met konsert of 'n sportwedstryd is, ons onnies neem altyd deel. Ons onnies sal altyd jonk van gees bly.

Terug Na Bo

SOKKIES

'n Dans van Liefde - Valentynsbal

Terug Na Bo

GRAAD 8 - INLYWING

Die vraag wat seker deur die meeste deur voornemende Gr 8’s gevra word is natuurlik “Wat gebeur tydens die ontgroening met my?”   Hierop antwoord ons graag.  By ons skool word Gr 8’s nie ontgroen nie. Gr 8’s word oor 'n tydperk van twee weke by ons skool ingelyf . . . 'n proses waarna ons verwys as ‘Ankerwording’. 

Die Uitvoerende Raad hanteer die Ankerwording en die hoof doel is om die nuwelinge (wat elke jaar met 'n nuwe naam gedoop word) welkom by ons skool te laat voel.  Niemand hoef bang te wees dat daar van hom of haar verwag gaan word om vreemde dinge te doen nie, by ons skool glo ons nie in goedkoop vermaak ten koste van ons Gr 8’s nie.  Julle is dan mos klaar deel van ons skool!  Die beste skool.

Die heel eerste naweek nadat die skool begin het, het die Gr 8’s 'n Gr8-kamp!  Tydens hierdie kamp, wat sommer by die skool is, verken die Gr 8’s die skoolterrein saam hul klasvoogde, leer die skoollied, leer mekaar ken, doen boeresport op die Rugbyveld, en oefen solank Groentjiekonstert.  Ja dis reg, niemand kry geslaap nie!

Intussen word die ouers genooi om by die skool te kom braai, waar hul met die skoolbestuur en hul kinders se voog- en vakpersoneel kennis maak.  So word die ouers ook ingeburger en vorm vinnig deel van die vriendelike Anker-familie. 

 

Terug Na Bo

GROENTJIEKONSERT

Die groentjiekonsert staan ook onder die leiding van die Uitvoerende Raad.

Hulle rig die Gr 8’s af om ware “toneelspelers” te word.  Ons groentjiekonsert is jaarliks 'n reuse sukses en daarom is daar al die afgelope twee jaar twee aande waarop hierdie konsert gehou word.  Ons het opgemerk dat daar 'n nuwe tendens is om by skole 'n oudisie te hou vir Groentjiekonsert en dan met net 'n paar kinders op te tree . . . maar ons is glad nie te vinde hiervan nie.  By ons skool is elke Gr 8 deel van die skool – en dus ook deel van die Groentjiekonsert.  Gr 8’s neem in klasverband deel om met die eerste plek weg te stap en dis hope hope hope pret.  So toekomstige Ankertjies, sit solank julle “kreatiewe hoede” op, ons sien uit na 'n briljante konsert volgende jaar!

 'n Paar dae na die Groentjiekonsert word die Gr 8’s formeel by die skool ingehuldig.  Tydens 'n saalopening onderteken elkeen sy Anker-belofte, die UR trek dan hul skoolbaadjies aan (wat hulle dan voortaan wettiglik, met trots, mag dra) en hulle anker hulle ankers vir die volgende vyf jaar.  Hierdie pragtige tradisie wat deur die hele skool bygewoon word is die amptelike inburgering van elke nuwe Anker!

 

 

Terug Na Bo

MATRIEKAFSKEID

Om ons Matrikulante, vir wie ons 5 jaar leer ken en liefkry het, op 'n formele wyse te groet, is 'n tradisie wat nooit verbreek sal word by Hoërskool Die Anker nie.  

 

Terug Na Bo